Vandag was ons Cork toe. André het n paar privaat mense gekontak vir afsprake om karre te kyk. Die soektog vorder maar stadig, Die kar se kleur is verbleik, die ander een se vensters is te donker, die volgende een het te veel krappies en chippies op. Ek klim nie eens meer uit die kar uit om na die karre te gaan kyk nie. Tussen deur bel ons vir nog afsprake. Jy kan hoor die mense praat engels, maar jy het geen idee wat hulle sê nie. Die swaar aksent van die mense wat meer buite Dublin bly, is vir ons maar moeilik om te hoor. Ons stop weer vir n Sparbroodjie in Delgarvan. Die mooiste klein dorpie. Ek en André besluit sommer om hom op die kortlys van aftree dorpies te sit. Ons laaste afspraak is 19:00 in Carrick-on-Suir in Tipperery. Dit is darem meer huis se kant toe. Die son sak ook eers 21:00 so ons kan die kar nog n daglig sien. Ek bly sommer weer in die kar, lankal nie meer lus vir karre kyk nie. André en Jandré kan maar besluit. Die kar word van bo na onder en dan weer van onder na bo bekyk. Die 2 krappies en die stukkende 'sun visor' knippie is maar oraait. André se standaarde het intussen bietjie verlaag en dit wil lyk of hy daarmee sal kan saamleef. So dit lyk soos die wenner. André en die man skud hand en net so het ons n kar. Ons kan hom volgende week haan haal. Ook nou eers by die huis gekom, di is al 22:30. Gelukkig het ons kos gekoop by n Chipper shop in Carrick-on-Suir een solank die chippies in die kar geëet op pad huis toe. Nou gaan ek bed toe zzzzzzzzzz