About US
Ons is n gesin van 3, Andre, Trudie en Jandre wat oorspronklik van Pretoria was.
In 2017 het ons na Abu Dhabi in die Verenigde Emirate verhuis waar ons vir net so oor die 2 jaar gewoon het. Op daardie stadium het Jandre met sy "Home School" in Engeland begin op die ouderdom van 11 jaar.
In Maart 2019 verhuis ons terug na Suid Afrika waar Jandre sy skoolloopbaan in n staatskool sou voortsit, maar toe kom Covid begin 2023. Ons besluit om hom met "Home School" te laat aangaan aangesiende dit die norm van amper al die skoolkinder geword het.
Dit was altyd die plan dat Jandre oorsee sou gaan studeer het aangesien hy medies wil swot en kanse om toelaing in SA te kry was maar skraal. Na maande se werksoek en CV's uitstuur na Australie, New Zeeland en die res van Europa kry ek 2 geleenthede sonder om n CV te stuur. Die eerste was n interne verplasing na Malaga, Spanje en die tweede was n geleentheid deur n kennis van 20 jaar terug in Dublin in Ierland.
Na baie oplees en navorsing het ons besluit om terug te keer Ierland toe omdat die taal Engels is en jy binne 5 jaar burgerskap kan kry wat definitief sal help met Jandre se swottings. Malaga was baie aanloklik gewees vir die klimaat en leefstyl, maar het soveel meer uitdaging ingehou soos die leer van Spaans, burgerskap eers in 10 jaar en dan ander goed soos oor bestuurslisensies doen en dies meer.
Hiedie website is saamgestel om die reis van daar af met julle te deel op die aandring van ons goeie buurman (Pieter Venter) in Pretoria om n "Diary" by te hou wat hy kan lees.
Our Gallery




