Vandag het ons na Ferns toe gery. Dis is so n uur se ry van ons huis af op pad Dublin toe. Ons het op Facebook gesien van n slaghuis wat boerewors verkoop. Ons het beluit om te gaan ondersoek instel. Die slaghuis het heerlike Suid-Afrikaanse produkte, boerewors, bultong en droëwors. Ons het toe maar 1kg boerewors, 1kg biltong, 1Kg droëwors, mieliemeel, oros en Mrs Balls gekoop.
Ferns Castle was gebou in 1224 deur Earl William Marshal Lord of Leinster. Dit lyk gladnie so glamorous om in n kasteel te bly nie. Ek dink dit was baie k0ud en nat. Die meeste kastele is gebou vir verdediging. Baie interesant, hulle vertel vir ons die mense was baie kort in daai tyd. Jy kan dit sien aan die deure en trappe van die kasteel. hulle skat die mense was gemiddeld so 150/160cm.
Die weer was nie sleg nie. so 18 grade en lekker sonskyn.