Home » Blogs  »  Dubai en Ierland
Dubai en Ierland
Na 8 ure land on in Dubai 8:00 die ogend. Ons is lekker moeg, vlug was baie vol en nou het ons n "layover" vir 7 ure. Natuurlik is Jandre weer honger. Die opsies is min n ons begin sommer met n McDonalds onbyt. Jandre sien die "Big Tasty" burger op die menu - iets wat hy altyd in Abu-Dhabi / Dubai geeet het en sy keuse is gemaak. Die UAE Diharm = R4.96 so die ronde kos ons R600 vir 3 burgers. Ons word herinner dat ons Rand nie veel werd is nie en sal dit later soveel kere weer beleef. Na ontbyt stap ons deur die duty-free winkels en onthou sommer al die lekker eet en drinkgoed wat ons altyd in Abu Dhabi gekoop het. As ons plek gehad het, het ons genoeg dadels en voorraad gekoop maar als moet nou gedra word. 'n Pak baie lekker sagte toffies wat ons altyd gekoop het maak die "cut" en is deel van die handbagasie. Ons soek 3 stillerige banke waar ons bietjie kan slaap en rus tot ons volgende vlug. 15:15 vlieg ons uit Dubai en sien vir ou laas die stad met die hoogste gebou en woestyn oppad Dublin toe. Hierdie is weereens n lekker vol vlug en gelukkig gaan die slaap bietjie beter. Defintief bietjie kouer as vroeer en daar word van die vliegtuig kombersies gebruik gemaak. Moet se - die kos op Emirates stel nooit teleur nie en daar is genoeg om te eet en te drink. Net voor ons land tussen Engeland en Ierland iss ons nog bo die wolke - sons skyn helder en party het sommer donkerbrille aan. Die kaptein kondig aan dat die vliegtuig gereed gemaak moet word vir die land en soos ons daal deur die wolke word ons begroet met reen en swaar wolke wat laag hang. Welkom in Ierland - hierdie is ons voorland. Paspoort beheer verloop sommer seepglad - paar vragies antwoord en ons paspoorte is gestempel. Nou oppad om die huurkar te kry en na ons vooruitgebeoekte hotel te ry. By Budget Car Hire kyk die man ons so en se ons tasse gaan nie in die SUV pas wat ek bespreek het nie - maar dis nie n probleem nie - hy gradeer ons op na n grootter Dacia Jogger 7 seater (Renault) toe en ek besef weer die rand is nie veel werd nie toe ABSA se SMS deurkom. Tussen die huurkar kantoor en waar jy die kar kry moet ons op n shuttle spring, die bestuurder jaag omtrent met ons 3 asof hy op Manacco Grandprix ry en eerste moet wees. Miskien het hy net n groot nood gehad - maar ons is veilig 21:20 het ons on huurkar gekry, 3 tasse in gedruk om te maak pas en handbagasie op Jandre en Trudie se skoot. Ons trek daar weg terwyl ons wag vir Google Maps om te se waarheen nou. Deur Dublin stad gery, bietjie van die plekke onthou van 20 jaar terug en so 40 minute later veilig by Clayton Hotel in Leopordstown aangekom. Teen die tyd is ons almal al vrek moeg - maar ons boek in en is dadelik oppad hotel kamer toe. Eerste wat waai is almal se skoene en ons maak beurt vir n lekker warm skoon stort. Ons het sommer roomservice Pizzas bestel teen €16 per pizza en €7 room service fee en ek word weer heinner met ABSA se R791 SMS dat die rand niks werd is nie. Na lekker aandete is ons almal sommer dadelik in die bed. Nag, lekker slaap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *