Home » Blogs  »  Vakansiedag in SA
Vakansiedag in SA
Vryheidsdag in Suid-Afrika. Almal het n bietjie af. Jandré het ook nie klas vandag nie. André werk vandag. Die son skyn nie vandag nie, dit is bewolk. Ek en Jandré hang in die Sonkamer uit en wag vir André om klaaar te werk. Na werk gaan ons bietjie strand toe in die motreën. Die windjie is koud en ons trek maar lekker warm aan. Ons stap bietjie by Cullentown op die dtrand rond en daar, reg voor ons............iemand wat swem. Nou kyk ons is Valies en Valies swem altyd, maar nie dié Valies nie en nie in dié weer nie. Selfs ons het ons trots. Ons het ook vandag Kerosene olie bestel vir ons central heating(want dit is in Ierland en dit is engels). 300L olie vir €299. R6000 want ons betaal nog in rande.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *