Home » Blogs  »  Dag 2
Dag 2
Hulle kom alweer laat, blykbaar is Randburg baie ver van ons af en loadshedding is nie aan hulle kant nie. Diep in my binneste is ek baie dankbaar. Die pak is vir 4 dae bespreek, maar as ek na die tempo kyk wat hulle pak is hulle sommer vandag al klaar. Hulle pak sommer vinnig die res van die leefareas op en begin by die kamers, die spaarkamer is eerste aan die beurt. Ons mag darem ons eie klere pak. Ek is so verlig, dit voel darem beter om die klere self te pak.  15;30 groet hulle en ons word agtergelaat met n baie opgepakte huis. Stopa die voorman het darem gesê hulle sal die bedderns laaste pak, so ons kan nog in ons eie beddens slaap. Ek dink nie Stopa weet hoe baie ons dit waardeer nie. Vanaand is ons laaste kuier saam met ons wonderlike bure. Pieter vlieg more Kaap toe en ons moet groet, want hy kom eers Sondag terug en dan is ons al in Ierland. As julle nou al ooit gewonder het hoe dit is om bure te hê wat soos familie is, dan is dit ons bure. Ons kuier ten minste een keer n week saam. Leen oor en weer goedjies. Skelm kuiers die hele Covid lockdown deur. Kan enige tyd enige iets vra. So lief vir die 4 van hulle.  Ons is oortuig ons gaan nooit weer in ons hele lewe sulke bure kry nie. Ons gaan julle so baie mis!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *