Home » Blogs  »  Kar gaan haal.
Kar gaan haal.
Na wat voel soos weke (in fact net 7 dae) kan ons vandag die kar gaan haal in Carrick-on-Suir. So n uur se ry van ons af. Natuurlik sal dit reēn vandag. So vir my is dit soos n berg wat voorlê. Ek hou niks van bestuur nie en nou is dit n vreemde land met n vreemde kar en dit reën. Nou ja so kan ons eers ry na Andre se laaste vergadering en dit beteken dit is verkeer as ons terug ry. Ons ry soontoe en hier en daar is padwerke, ons kry die ou by n garage langs die pad. Ande wys my gou n paar dingetjies en dar ry hy want die huurkar moet voor 17:00 terug wees in Wexford. Gelukkig het ons al n paar Audi's gehad so ek is nie heeltemal vreemd nie, maar wat Andre vergeet het om aan my te noem is dat die kar se spoed in myle gemerk is. So ek ry 60 en dan dink ek by myself hoe in die lewe voel dit of ek so jaag. voel beslis nie soos SA se 60 nie. Dit is baie stadiger in SA, nou ja die klokkie het beslis nog nie daar begin lui nie. Jandre ry saam met my maar hy is nog op sy klas online en ek kan nie eens vir hom vra nie. Die tannie op die GPS kan ek nie hoor nie want sy moes stil gemaak word tot Jandre klaar is met sy online Biologie. So vergeet ek van die padwerke en probeer 100 ry, wat ek later uitvinf 100myl per uur is. Sien te laat die pad raak een en ry amper die ou in sy panel van van die pad af. Ek wys net ek is baie jammer maar jaag aan. By die eerste sirkel rem ek en breek amper Jandre se nek heeltemal af. dit alles terwyl hy Biologie leer. Na Jandre klaar is, vra hy vir my hoekom ek so jaag, ek verduidelik vir hom van die speedometer en hy begin lag. Hy vertel my toe die groot rooi nommers wys die myl per uur en die ligte grys  klein nommertjies is kilos. Mmmmmmmmmm darem nie iewers afgetrek nie, seker oor ulle my nie kon vang nie. Gelukkig het dit gereën en het ek geen polisie gesien nie. So sukkel ek om die klein grys nommertjies te lees, maar sukkel maar so voort. Andre is toe nou intussen lankal weg en ek kan hom nie volg nie. So nou sukkel ons maar aan. Die sirkels is baie en elke kort kort. Jy moet uit die regte baan uit draai anders is jy bietjie in die sop. Die meeste padverbruikers is baie geduldig en vriendelik. Hulle het definitief nog nie kennis gemaak met minnibus taxi's nie.  Ons kom in Wexford in en daar kry ons n verkeerslig - ek en Jandre het geen idee wat om te doen nie. Die lig is rooi en onder die rooi lig is daar n oranje lig (af) en onder hom n groen lig (af) en dan onder hom n froen pyltjoe wat reguit ys en hy is aan en dan langs hom n groen pyltjie wat links aandui en hy is ook aan. ons moet reguit aan ry die rooi lig is aan en die groen pyljies is aan. Ons is voor in die ry. Ek het maar gestop en toe gekyk en gewonder en toe maar gery. die ou agter my het toe darem ook gery. Weet tot vandag toe nie wat dit beteken nie, maar dit was n rowwe dag vir ry. nuwe paaie en reëls en  baie reën.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *