Home » Blogs  »  1ste Braai
1ste Braai
Vandag het ons by Suid-Afrikaners gaan braai. Liaan en Claudie is in Suid-Afrika gebore en  het daar groot geword, maar het 16 jaar in Dubai gebly. André het vir Liaan ontmoet verlede jaar Oktober toe hy in Dublin was vir werk. Hulle het op die trein gery en hy het die K-Way logo op sy baadjie gesien. Dit gee jou weg. Hulle het begin gesels en daar maak André toe sommer ons eerste vriende.  Ons ry Malahide toe. Baie oulike plek om te bly, baie duur woonbuurt. Ons het baie lekker gekuier. Boerewors rolle en ribbetjes. Heerlik geëet. Gena het ook verjaar en ons het lekker met almal gepraat oor video call. Hulle kon ook sien ons jok nie oor die son wat lekker skyn .

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *