Home » Blogs  »  Laaste dag van pak
Laaste dag van pak
Die laaste oggend wat ons in 159 Newmark Estate wakker geword het. Die beddens word vandag gepak, die laaste los goedjies word gepak en die motorfietse word gekrat. Jandré hou hulle met valkoë dop. Dit is sy 'prized possession' waarmee hulle besig is. Die beste ding wat jy kan besit as jy n 17 jarige seun is. Die enigste ding wat hy wil hê heel in Ierland moet aankom. Morné en Annelize kom groet. Kan nie dink dat daar nie meer vinnige kuiertjies gaan wees nie of kampe of naweek verjaarsdae nie. Ons eet KFC op die gras. Ons noem dit maar piekniek, want dit is die enigste sitplek wat ons het. Soria en die 2 seuns kom ook groet. Ons almal kuier maar vandag piekniek styl op die grasperk voor die stoep. Soria my vriendin, ek gaan so baie na jou verlang en ons wynkuiertjies by Papachinos. Stoom afblaas en moed inpraat. Waar gaan ek weer ñ Soria kry? Wens ek kon jou saam bring. Hulle laai die 2 trokke met die ander twee derdes van ons lewe en daar gaan hulle......... Vanaand slaap ons by ons bure. Jacqueline se broer slaap reeds daar, want Karla is in die hospitaal. Klein Francois is vandag gebore, maar dit keer haar nie om plek te maak vir die 3 Mossies nie. Ons word heerlik bederf met Yolande {ons ander wonderlike buurvrou} se tamatiesop. Ai ons gaan die kuiers so baie mis. Ons het probeer om vanaand al die kuiers te kuier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *