Home » Blogs  »  Dag 3
Dag 3

Hulle is alweer laat. Dit raak nou ons roetine . Ons staan vroeg op om dinge reg te kry voor hulle kom en dan wag ons rond vir hulle. Hier is nie eens meer stoele om op te sit nie en die mense wat die eetkamertel gekoop het het dit reeds kom haal, so ons kan net op ons beddens sit. Hulle krat vandag die klavier. Die erfstuk wat moet saam gaan. Dit was Andre se Oumie{sy pa se ma} se klavier. Hoop hy gaan hom bietjie speel in Ierland. Die pizza oond word ook vandag gekrat. Niks meer lekker pizza partytjies by ons huis nie. Ons 3 sal maar pizza partytjies moet hou in Ierland, dalk kan ons so nuwe vriende lok. Die meeste goed is al gepak en die eeste trok trek daar weg met n derde van ons lewe. Vanaand was n baie hartseer aand. Ons laaste kuier saam met ons Ooste vriende. Die meeste van julle ken ons al van die kinders in GrR was. Dit is nou ons 13de jaar van vriendskap. Weereens is dit eerder familie as virende. Ons is so dankbaar vir elkeen se liefde, omgee en vriendskap deur die jare. Julle weet elkeen hoe spesiaal julle is. Julle het elke een sy plekkie in ons harte. Ons is baie lief vir julle en gaan julle vreeslik baie mis. Dankie vir almal wat daar was en die wat dit nie kon maak nie, Ons het julle gemis. Julle het darem die trane gemis. Dit was weereens ñ kuier vir die boeke. Is dit nie maar altyd nie. Dankie vir al die memories.