Home » Blogs  »  Dublin dag 1
Dublin dag 1
Ek en Jandre gaan explore Dublin terwyl Andre werk. Ek het down memory lane geloop en Jandre het n glimps van sy ouers sy lewe voor sy bestaan gekry. Ons skop ons staptoer af met Trinity collage. een van die top universiteite in Ierland.  Ons was by St Stephens Green, daar deur geloop na Leasons street. Tot by die Spar war ek gewerk het. Die Spar het n rewamp gehad. Lyk baie anders as 20 jaar gelede. Van daar af na 2 Mespil Estate. ons woonstel naby my werk waar ons n jaar gebly het. Terug St Stephens Green toe en toe Grafton st raat deur met sy straat musikante en baie winkeltjies. Ons eet heerlike middagete by een van die baie retaurante.  Ons loop oor die river Liffey en Conoly straat toe. Loop deur al die baie winkels. Ek onthou al ons shopping sprees hier. Die tyd toe ons 2 inkomstes en geen kind gehad het nie, maar nou veruil ek dit iks vir die lekker stap en wys saam met jandre nie. Ek is doodmoeg van al die stap en geniet n me aandjie in die hotel terwyl Andre en Jandre Templebar toe is en gaan kuier en eet het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *